PARYS SAPD EN DIE BEVELVOERDER
Kolonel
De Vos ek plaas hierdie pos as `n baie bekommerde inwoner van Suid
Afrika wat staan vir reg en geregtigheid wat ook my lewe opgeoffer het
vir dit waarin ek glo - reg en geregtigheid.
Hierdie
pos handel hoofsaaklik oor Hannes Lottering wat in u stasiewyk
woonagtig is en nou alreeds by verskeie kere op fb van u persoonlik en
ook van Parys polisiestasie kommerwekkende inligting op Social Media
gepos het wat n baie negatiewe indruk skep.
Kolonel
aangeheg is n paar onlangse skermskote waarin Hannes Lottering eerstens
spog oor hoe dit in Parys polisie stasie werk as die polisie hom soek
(dan sal slegs u hom kontak). U het hom gevra om u Maandag om 11:00 te
kom sien aangesien `n OB van Wierdabrug hom wil spreek, `n onderhoud wat
die SAPD sekerlik duisende rande moes kos.
Hannes
het toe wel opgedaag en wat daar gebeur het sal net u en Hannes weet
maar toe die OB blykbaar daar opdaag om Hannes te arresteer het hy
gerieflikheidshalwe net eenvoudig verdwyn.
Kol.
Is dit regtig hoe die SAP "omgekoopte blou pandoere" (volgens Hannes)
werk aangesien Hannes nou spog hoe dit iemand al digby R45 000 gekos
het, Ja Kolonel geld waaraan ek ook belasting betaal wat so gemors word.
Ook
heg Lottering n whatsapp gesprek aan tussen hom en uself waarin hy u
oproepe eers ignoreer en daarna eers "inlig" dat hy geloop het by die
polisiestasie omdat hy nie langer gaan wag nie. Weereens dra hy die
boodskap na buite dat hy geen gesag vir die gereg het nie. Hy was
deeglik bewus dat u n afspraak gereel het tussen Wierdabrug, uself en
Lottering.
Kolonel
dit is ook bekend hoe Hannes spog dat hy untouchable is met vuil
wasgoed wat hy op almal het en hierdie bewering en die feit dat hy
eenvoudig net maak en se wat hy wil sonder enige gevolge laat regtig `n
baie bitter smaak in my mond.
Kolonel
ek plaas hierdie boodskap op SM aangesien ek nie kontak met U het nie
en ook geen begeerte om met U te praat nie maar aangesien U gesprekke en
doen en late deur Hannes op SM geplaas word doen ek maar dieselfde in
die hoop dat daar nie verder belastingbetalers se geld gemors sal word
nie maar dat daar wel iewers `n Lid van die SAPD sal opstaan en iets aan
die aangeleentheid sal doen.
Kolonel
seker nie dat U belangstel nie maar aangeheg `n skakel van Hannes
Lottering wat ek saamgestel het oor Jare van sy doen en late op SM. Vir
my as lid van die publiek is hierdie situasie uiters onprofessioneel en
skep dit heeltemal die verkeerde indruk van die SAPD se gesag aangesien
hierdie nie die eerste keer is wat LOTTERING n polisiestasie (veral
Parys polisiestasie) se dienslewering as partydig voorstel nie.
En
dit is waarmee Hannes Lottering wegkom met `n onwettige foon in selle
en dan op SM versprei word en ook aan Nasionaal gerapporteer was.
Pateties SAP.
Video No 1
Video No 2
Video No 3Video No 4
Video No 5
Video No 6
EN DIT WAS IN U STASIE KOLONEL DE VOS.
En dit is wat gebeur in Parys.
Klink dit bekend of is U daarvan bewus Kolonel.
No comments:
Post a Comment